LAMSBLAD IN DIE OOND
- 1 heel lamsblad
- gemaalde growwe sout
- pienk sout
- swart knoffel speserye, opsioneel
- witpeper
- Aromat
- “Steak and Chops” speserye
- knoffelhuisie
- olyfolie
- 1 groot ui, opgesny
- 3 knoffelhuisies
- 1 of 2 geskilde wortels
- 4 – 5 aartappels, geskil en gehalveer
- vars roosmaryn
- 1 koppie wit wyn of water
Vryf skaapblad in met die sout, speserye, peper, aromat, knoffel en olyfolie.
Plaas die lamsblad in ‘n oondbak met ‘n deksel, voeg die res van die bestanddele en groente by.
Bak in die oond op 140ºC vir ongeveer 2 ure met die deksel op, of pas hitte en tyd aan volgens behoefte.
Wanneer die lamsblad gaar en sag is, verwyder deksel en verbruin die vleis na smaak.
Bedien saam met die groente en ‘n stysel van jou keuse.
Resep en foto: Sean O’Brien