Your Recipe Blog

LAMS BREYANI

LAMS BREYANI

Gebruik ‘n Breyanimengsel wat jy by jou naaste speserywinkel kan aankoop.  Dit is in enige sterkte beskikbaar en hul sal die hoeveelheid speserye aan jou verskaf volgens die hoeveelheid vleis wat jy gaan gebruik.

  • 1 kg lamsvleis, opgesny
  • 1 koppie rys
  • 1 koppie lensies
  • 2 teelepels sout
  • 2 teelepels borrie
  • ¾ koppie olie
  • 2 medium uie, opgesny
  • ¼ blikkie tamatiesmoor
  • 1 pakkie aangemaakte Breyani mengsel
  • 2 teelepels Jeera (cumin)
  • 3 tot 4 medium aartappels
  • 1 wortel, opgesny
  • 1 houertjie gewone jogurt of ½ koppie melk met 2 eetlepels suurlemoensap

Begin met ‘n groot pot wat jy later weer gaan gebruik.
Braai uie in ‘n 3/4 koppie olie tot goudbruin. Haal uit en dreineer in sif. Hou uie en olie waarin uie gebraai was eenkant.
Sny jou vleis soos verlang, spoel af en dreineer, plaas in diep bak tesame met jou gesnyde aartappels en wortels.
Neem die melk met suurlemoensap of jogurt en meng Breyanimengsel daarin.
Neem 3/4 van jou gebraaide uie en voeg by breyanimengsel. Voeg tamatiesmoor en so 4 eetlepels van die olie wat oorgebly het daarby, meng en giet alles oor die vleis.
Meng goed en laat staan vir 1 tot 2 ure om te marineer.

Plaas jou rys en 1 teelepel sout saam in ‘n skoon pot. Kook vir 10 minute tot halfgaar (onthou om eers jou water te kook voor jy die rys en sout insit). Dreineer en los eenkant.
Doen dieselfde met jou lensies, maar voeg die 2 teelepels borrie en 1 teelepel sout saam by en kook vir 25 minute, dreineer en laat staan.

Neem die pot wat jy eerste gebruik het vir die uie, voeg die oortollige olie by die wat dreineer het van die uie in ‘n bakkie of houertjie, sprinkel die hele bodem met ‘n bietjie van die gekookte lensies. Pak nou jou vleis en aartappels en wortel bo-op.
Plaas die res van die lensies eweredig bo-oor die vleis, gebruik die res van die olie en laaste bietjie van die uie om oor die lensies te sprinkel.
Neem die rys en skep dit oor die lensies en sprinkel die Jeera (cumin) bo-oor die rys.
Voeg 1 koppie koue water baie stadig bo-oor die rys.
Sit nou ‘n deksel op die pot. Plaas op vinnge hitte tot breyani begin borrel en verlaag dan tot ‘n baie lae hitte en prut vir omtrent ‘n uur tot ‘n uur en ‘n half.  Moenie roer nie.
Dit kan bedien word met ‘n slaai, maar is baie vullend op sy eie.

Resep en foto: Louisa Mans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page