Your Recipe Blog

LAMBIBBETJIE EN WORS BORD

LAMRIBBETJIE EN WORS BORD

Resep en foto: Johan Rossouw

  • 1.5 kg lamsrib
  • 1 ui, opesny
  • 100 ml Olof Bergh brandewyn
  • 30 ml olyfolie
  • sap van 2 suurlemoene
  • 30 ml Worcestersous
  • 15 ml geparste knoffel
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 2.5 ml Tobasco
  • 10 ml gebreekte koljander
  • 10 ml mosterdkorrels
  • 15 ml Six Gun grill speserye
  • 250 ml Jimmy’s shisanyama sous
  • 500 g egte Boer en Butcher boerewors
  • knoffel en kaas braaibroodjies
  • 6 groot aartappels
  • sout en gemaalde swartpeper
  • 250 g roomkaas
  • Dit vergemaklik net die opsny werk as die ribbetjie gaar is.
  • Meng die gekapte uie, olie, brandewyn, suurlemoensap, worcestersous, knoffel, Tobasco, sout en peper saam en giet dit oor die rib.
  • Marineer vir ten minste 2 ure of verkieslik oornag.
  • Terwyl die ribbetjie gebraai gaan word, begin met die aartappels.
  • Sny die opgekookte aartappels in die helfde en geur goed met sout en gemaalde swartpeper.
  • Smeer met enige geur roomkaas en bak in die oond of lugbraaier tot goed gaar.
  • Verwyder die ribbetjie uit die marinade, laat drup die meeste af, sprinkel die speserye oor en vryf goed in.
  • Maak staan eenkant regop in ‘n rooster teen ‘n ordentlike vuur en braai stadig vir 1 – 1½ uur tot goudbruin en bros.
  • Verf gereeld met die Jimmy’s Shisanyama sous tydens die proses.
  • Laat rus paar minute, sny op en hou warm.
  • Braai die boerewors vinnig oor warm kole vir ‘n paar minute en smeer met Jimmy’s se sous en hou warm.
  • Smeer die broodjies met botter en beide kante met geparste knoffel en pak dik snye cheddar kaas op.
  • Braai oor matige kole en draai gereeld om tot die kaas goed gesmelt is.
  • Bedien warm saam met die knoffel en kaas broodjies, aartappels, rib en wors.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page