Your Recipe Blog

LAM-, PREIE- EN SAMPIOENPASTEI MET ‘N OORGOOI KORS

Recipe by
Cook: 35 minute

LAM-, PREIE- EN SAMPIOENPASTEI MET ‘N OORGOOI KORS

  • Vulsel:
  • 15 ml olyfolie
  • 15 ml botter
  • ½ ui, gekap
  • 10 cm prei, gewas en gekap
  • 350 ml gaar (oorskiet) skaapvleis of 500 g rou maalvleis
  • 250 ml beesekstrak
  • 5 groot sampioene, gekap
  • 1 pakkie “carb smart” romerige sampioensoppoeier
  • 100 ml room
  • sout en peper, na smaak
  • Kors:
  • 6 eetlepels gesmelte botter
  • 3 eiers
  • ½ koppie klappermeel
  • ¼ koppie amandel- of sonneblommeel
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 2 eetlepels gerasperde parmesankaas
  • 100 ml water
  • sout en peper, na smaak

Braai die uie en preie in die olie en botter totdat dit deurskynend is (10 minute).
Voeg die vleis, ekstrak en sampioene by en prut totdat die meeste van die vog weggekook het.
Voeg die soppoeier, room en geurmiddels by, en prut vir nog vyf minute.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde oondbak (20 x 10 x 7 cm).
Meng al die bestanddele vir die kors saam en versprei dit bo-oor die vleismengsel.
Bak vir 35 minute by 160 °C tot goudbruin en bedien saam met ‘n groen groente of slaai.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page