Your Recipe Blog

LAM-, BOK- OF BEESLEWER IN ROOM EN BRANDEWYNSOUS

LAM-, BOK- OF BEESLEWER IN ROOM EN BRANDEWYNSOUS

Resep en foto:  Jan Salti Viljoen

  • 500 g – 750 g lewer, in blokkies gesny
  • 2 medium uie, grof gekap
  • 500 ml room
  • 100 ml brandewyn (jy kan meer, maar ek kan dit nie oor my hart kry nie)
  • 5 korrels growwe swart peper
  • 30 ml Worcestershiresous
  • bietjie olie vir braaipan
  • handvol vars pietersielie
  • 1 knoffelhuisie
  • Aromat na smaak
  • 4 medium grote aartappels, in kwarte
  • Braai die lewerstukkies en uie in ‘n pan met bietjie olie, tot so halfpad gaar.
  • Sprinkel met ‘n bietjie Worcestershiresous en brandewyn, Aromat na smaak, tot uie so effe begin verbruin.
  • In ‘n swartpot verhit/ kook al die ander bestanddele, room, brandwyn, pietersielie, aartappels, peper, knoffel totdat die room effens begin verdik en die aartappels gaar is.
  • Voeg die lewer en uie by en laat kook vir nog so 3 – 4 min.

Bedien op mieliepap.

 

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page