LAGIES MELKTERT
Ek het vandag weer ‘n heerlike lagies melktert gemaak.
- 2 pakkies (200 g) Tennisbeskuitjies
- 1 liter volroom melk
- 1 blikkie (385 g) kondensmelk
- 1 ekstra groot eier
- 30 ml vlapoeier
- 45 ml mielieblom
- 2 ml sout
- 30 ml botter
- 10 ml vanilla geursel
- fyn kaneel
Pak ‘n middelmatige bak (15 x 20 cm) se bodem en kante met Tennisbeskuitjies. Verhit die melk en botter, en meng die res van die bestanddele in ‘n apart mengbak. Sodra die melk kookpunt bereik, voeg die mengsel by en roer met balklitser aanmekaar sodat dit nie klonte vorm nie. Bring tot kookpunt en pak die bak in lae.
Bo-op die onderste laag beskuitjies ‘n laag van jou melkpasta, strooi fyn kaneel oor en dan weer ‘n laag beskuitjies. Doen dit tot die tert laaste ‘n laag van melkpasta het. Ek kry 3 lae uit die mengsel in my bak wat ek gebruik.
Ek maak dan gewoontlik sommer so 2 beskuitjies fyn en strooi bo-oor.
Verkoel ongeveer 2 ure in jou yskas.
Geniet dit.
Resep en foto: Ida Bouwer