LAERSKOOL GOUDKOP SE PANNEKOEK
Juanita Vermeulen – Naand lede, manlief was lus vir lekker pannekoek. Ek het op die blog gaan snuffel en op die een afgekom sonder ‘n gesiggie. Baie lekker resep. Pannekoek is glad nie taai nie. Ek het wel net 13 pannekoeke uitgekry al sê die resep 20. My pan is dalk groter as die een wat die dame gebruik het. Ons het net tradisioneel gegaan met kaneelsuiker, want manlief hou nie van gevulde pannekoek nie.
- 2 koppies koekmeel
- 2.5 ml sout
- 5 ml bakpoeier
- 2 eiers
- 30 ml olie
- 3 koppies water
- 1 eetlepel asyn
Meng water, olie en eiers.
Sif meel, bakpoeier en sout saam en voeg by water- en oliemengsel.
Klits baie goed.
Laat staan vir 1 uur.
Voeg asyn by net vooordat pannekoek gebak word.
Bak pannekoek in redelike warm pan. Gooi ‘n dun lagie deeg oor die hele pan se bodem, sodra die kante los raak draai die pannekoek om, laat net gaar word en keer uit, doen dieselfde met die res van die deeg.
Resep geplaas deur: Elna Erasmus
Foto: Juanita Vermeulen
Dit is beste pannekoek wat ek nog gebak het. Streep deur my ou beproefde resep getrek. Maklik en lekker. Probeer gerus.