Your Recipe Blog

LAE-KOOLHIDRATE SOET MOSTERD

LAE-KOOLHIDRATE SOET MOSTERD

Ek is baie, baie lief vir die Suid Afrikaanse soet mosterd, saam met basies enigiets, maar veral gebraaide boerewors. Daar is altyd ‘n bottel hiervan in my yskas! Hierdie is my low carb/keto/diabetes vriendelike weergawe, en ek kan nie verskil agterkom nie. Dit hou weke in die yskas (maar ek twyfel of dit sal😉). So as jy lief is vir soet mosterd, maar suiker vermy, is die resep vir jou.

  • 100 ml Xylitol (vir my is die hoeveelheid soet genoeg, maar kan aangepas word na smaak en met ander versoeters)
  • 100 ml witasyn
  • 50 – 70 ml mosterdpoeier, gesif
  • 3 eiers
  • 1 ½ teelepel sout
  • Opsioneel:
  • 1 eetlepel mosterdsaad
  • 5 ml heuning
  • 5 ml sterk rissiesous

Plaas al die bestanddele in ‘n pot op lae hitte, terwyl jy heeltyd klits met ‘n handklitser (moet dit nie los nie, anders gaan jy sterk mosterd-asyn gegeurde roereier kry).
Na ‘n paar minute sal die mengsel begin verdik, klits dan nog 2 minute oor lae hitte.
Skep in ‘n bottel, laat afkoel en bere in die yskas.

Nota:
Die resep is effens dunner as die tradisionele resep, so jy kan altyd 10 ml mielieblom byvoeg by die bestanddele. Vir my is die dikte reg, en dit verdik ook soos dit afkoel.
My 3de foto is’ n skyf komkommer, met getrekte vark en mosterdsous op, deel van middagete.

Resep en foto: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page