Your Recipe Blog

LAE KOOLHIDRAAT SOETSUURHOENDER

LAE KOOLHIDRAAT SOETSUURHOENDER

“Ek dink een van die moeilikste dinge as mens keto/low carb gaan is die takeaways of uitetes wat nie meer geeët kan word nie. Maar dan raak jy slim…en maak jou eie! Bietjie meer moeite as ‘n gewone aandete, so dit is perfek vir die naweek. Minus die skuldgevoelens… heerlik ”

  • Soetsuursous:
  • 1 teelepel canola olie
  • 2 eetlepels tamatiepasta
  • 2 teelepels knoffel-en- gemmerpasta
  • 1 eetlepel sojasous/tamari
  • 125 ml water
  • 125 ml appelasyn
  • 100 ml xylitol of versoeter van jou smaak (proe en voeg by tot dit vir jou reg smaak)
  • 1 teelepel molasse
  • 1 eetlepel sesame-olie
  • 1½ teelepel elk wit- en swartsesamesaad
  • Hoender:
  • 400 g hoenderborsies, in blokkies gesny
  • 1 – 2 teelepels sjinese vyf-speserye, opsioneel
  • Beslag:
  • 90 g amandel- of sonneblommeel
  • 30 g protiënpoeier, ongegeur
  • 2 teelepels sout
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 2 eiers
  • 120 ml sodawater
  • 1 teelepel sjinese vyf-speserye, opsioneel
  • olie vir vlakbraai

Meng al die bestanddele vir die beslag saam en plaas in die yskas tot benodig. Meng die hoender en speserye en laat staan vir een uur.
Vir die sous, verhit die olie in ‘n pan en braai die tamatiepasta en die knoffelpasta vir 3 – 4 minute. Voeg die res van die bestanddele by en prut vyf minute.
Verhit die olie, doop die hoender in die beslag en braai in die olie vir 4 – 5 minute aan ‘n kant tot goudbruin.
Dreineer op kombuispapier en meng met die warm sous.
Hou warm tot opdientyd, en bedien met roerbraai groente.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5