LAE KOOLHIDRAAT KOOLSLAAI
- ¼ koolkop gerasper
- 1 koppie kaas, in blokkies gesny
- 250 g spek, opgesny
- 3 agurkies, fyn gesny
- 1 ui, fyn gesny
- sout en peper na smaak
- tuisgemaakte mayonnaise (sien resep hieronder)
Braai die spek tot bros en laat afkoel. Meng die gerasperde kool, kaas, agurkies, ui en afgekoelde spek saam. Voeg genoeg mayonnaise by om klam te maak en sout en pepper na smaak.
Roer goed deur en verkoel.
- Mayonnaise:
- 2 eiers
- 4 teelepels suurlemoensap
- 2 teelepels rooi wyn asyn
- 2 teelepels appel asyn
- sout en peper na smaak
- opsioneel: knoffel
Plaas al die bestanddele in ‘n voedselverwerker en meng.
Giet 1 tot 1 ½ koppie “light” olyf olie stadig by terwyl voedselverwerker aan is, bly meng tot mayonnaise dik is.
Skep in ‘n skoon bottel en bêre in yskas.
Dit kan in yskas gehou word vir 10 tot 14 dae.
Resep en foto: Corne van der Merwe