Your Recipe Blog

LAE KOOLHIDRAAT KETO ROLLETJIES

Recipe by
Cook: 50 - 60 minute | Servings: 4 rolletjies

LAE KOOLHIDRAAT KETO ROLLETJIES

Vir die lae koolhidraters wat ‘n burger (met ‘n rolletjie) mis… probeer hierdie resep! Die broodrolletjie is baie naby aan ‘n volkoringrol, en smaak heerlik. Hierdie is ‘n bloukaas-en-spek burger met botterskorsieskyfies. Baie, baie lekker!!!

  • 300 ml amandelmeel
  • 1 teelepel sout
  • 2 teelepels bakpoeier
  • 5 eetlepels physillium husk poeier
  • 3 eierwitte
  • 2 teelepels appelasyn
  • 225 ml kookwater
  • sesame saad, vir bo-oor strooi

Meng die eerste vier bestanddele saam. Roer eierwitte en asyn deur, en klits dan kookwater by totdat die deeg soos ‘play-dough’ lyk. Smeer hande met olie, vorm in rolletjies (so vier vir hamburgers) en gooi sesame saad oor. Bak by 165 °C vir 50 – 60 minute totdat die broodrolle hol klink wanneer jy daarop klop.
Sny die rolletjies oop en bou jou burger:

hamburger vleiskoekies
blaarslaai
tamatie
ui
bloukaas
spek
mayonnaise

Bedien met botterskorsie wat in skyfies gesny is, en besprinkel is met sout, olie en gerookte paprika, gebak by 180 °C vir 30 minute (vir die wat wil hê 😃).

Resep en fotos: Ilze Garbers Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5