LAE KOOLHIDRAAT KAPOKBLOMKOOL EN -SKORSIE
“’n Baie lekker variasie op gewone mash,”
- 500 g blomkool, in blommetjies gesny
- 1 skorsie, gehalveer
- 75 ml room
- 50 ml parmesankaas, gerasper
- sout en peper, na smaak
Plaas die blomkool in ‘n pot, bedek met kookwater en plaas die halwe skorsies bo-op.
Kook op hoë hitte vir 10 – 12 minute. Dreineer die water.
Verwyder die skorsies se pitte en krap die skorsievleis by die gedreineerde blomkool in.
Voeg die room, kaas en geurmiddels by, maak dit fyn met ‘n stokvoedselverwerker.
Bedien dit soos gewone kapokaartappels saam met enigiets!
Resep en foto: Ilze Jacobs