Your Recipe Blog

LAE KOOLHIDRAAT HOENDER- EN BROCCOLIGEBAK

Recipe by
Cook: 35 minute

LAE KOOLHIDRAAT HOENDER- EN BROCCOLIGEBAK

“Toe ek klein was, was ek mal oor hoender en broccoli gebak. Ek het ook altyd die kitsete by ‘n sekere winkel gekoop vir jare as ek te lui was om dit self te maak! Maar met keto/low carb is sop en krummels uit… tot nou!! Hierdie resep is so na aan die oorspronklike dat jy amper nie die verskil sal kan agterkom nie… heerlik!”

  • 150 ml mayonnaise
  • 150 ml suurroom
  • 2 teelepels kerriepoeier
  • ½ teelepel uiepoeier
  • ½ teelepel knoffelpoeier
  • sout en peper, na smaak
  • 2 koppies fyn gaar hoender, gevlok
  • 1 heel broccoli kop, in blommetjies gesny en gekook vir 5 minute
  • 250 ml gerasperde kaas

Roer al die bestanddele saam (maar hou 200 ml kaas eenkant).
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde 15 x 30 cm oondbak.
Sprinkel die res van die kaas bo-oor en bak vir 35 minute by 180 °C tot goudbruin.
Bedien met blomkool rys.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page