LAE KALORIEë GEROOSTERDE GROENTE
Geroosterde groente (veral die wat die winkels verkoop) bevat baie keer baie koolhidraatryke groente (soos wortel/aartappel/pampoen/patat) om dit “lyf” te gee, maar low carb of keto roast veg is net so lekker (indien nie lekkerder nie!) Dit is hoe ek my geroosterde groente maak-diabeet/low carb/keto en sommer net alles vriendelik!
- 4 koppies blomkool blommetjies
- 2 groot murgpampoentjies (baby marrows), in skywe gesny
- 6 – 8 spruitkooltjies (brussels sprouts), gehalveer
- ½ rooi soetrissie, in growwe stukke gesny
- ½ geel soetrissie, in growwe stukke gesny
- 4 eetlepels olyfolie
- 1 eetlepel asyn
- 2 teelepel paprika
- 2 teelepel knoffel en kruiespesery
- 1 teelepel selderysout
- sout en peper na smaak
- 2 handevol babaspinasie
- ½ suurlemoen se sap
- 100 g Feta, gekrummel
Meng die eerste 11 bestanddele saam en skep in ‘n oondbak, uitgevoer met bakpapier.
Bedek met foelie en bak vir 30 minute by 200ºC.
Verwyder foelie en bak oop vir 20 – 25 minute.
Haal die groente uit die oond en meng die spinasie en suurlemoensap deur totdat die spinasie verwelk. Sprinkel die Feta kaas bo-oor en bedien.
Resep en foto: Ilze Jacobs