Your Recipe Blog

LAE GI PEER MUFFINS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 25 min. | Servings: 12 groot muffins

LAE GI PEER MUFFINS

Hierdie muffins is heerlike klam en is wonderlik met kaas en konfyt of net so met botter. Vries ook baie goed. Lekker bak!

  • 4 ekstra groot eiers
  • 1 koppie suiker
  • 30 ml canola-olie
  • 10 ml vanieljegeursel
  • 2 koppies vanieljegeur laevet jogurt
  • 1 koppie vetvrye melk (kan ook volroom gebruik)
  • 2 koppies koekmeel
  • 20 ml bakpoeier
  • 10 ml koeksoda
  • 15 ml fyn kaneel
  • 2.5 ml sout
  • 2 koppies hawersemels (oat bran)
  • 1 koppies volkoring Pronutro, ‘original’ of ‘apple bake’
  • 3 groot pere, fyn gekap

Klits die eiers tot donsig en voeg dan die suiker by. Voeg die res van die vloeistowwe by en meng goed.
Meng al die droë bestanddele in ’n aparte bak. Voeg dan by die nat mengsel, klits goed en voeg die gekapte pere by.
Voorverhit die oond tot 220°C.
Spuit twee reuse kolwyntjie panne met kossproei en vul met beslag tot ¾ vol.
Sit die kolwyntjies in die oond, verlaag die hitte tot 190°C en bak vir 25 min.

Nota:
Wag totdat jou baksel afgekoel het voordat jy die muffins uitlig uit die pan uit.

Foto:  Rina Kleinhans

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page