LAE GI GEKRUMMELDE VISFILETTE
“As jy dink dat gekrummelde vis uit is as jy keto/low carb/diabeties is…kyk bietjie hier!”
- 4 wit visfilette
- sap van ½ suurlemoen
- 100 ml amandelmeel
- 100 ml sonneblompitmeel
- 2 teelepels knoffel en kruie speserye
- 1 teelepel uiepoeier
- 2 eetlepels olyfolie
- sout en peper, na smaak
Plaas die vis op ‘n bakplaat, uitgevoer met bakpapier.
Sprinkel die suurlemoensap bo-oor die vis.
Meng die res van die bestanddele saam totdat die mengsel lyk soos nat sand.
Verdeel die mengsel tussen die filette en druk vas bo-op elke filet.
Plaas in die yskas vir 15 minute, en bak dan in die oond by 180 °C vir 10 – 15 minute.
Resep en foto: Ilze Jacobs