Your Recipe Blog

LAAT-WERK SLAAI

LAAT-WERK SLAAI

Dis nou wat gebeur as jy laat by huis kom en jy was nie by die winkel, dan gooi jy bymekaar wat in yskas is en eet baie lekker. Noem sommer Laat werk slaai.

  • 2 klein beetjies (vars gekook, nie ingelê), opgesny in blokkies
  • ½ Feta ring
  • ½ avokado
  • handvol baba spinasie
  • vars koljander (paar stingels)
  • balsamiese asyn (het Red Fig and Vanilla gebruik)
  • swart peper
  • sout

Rangskik al die bestanddele op ‘n bord en sprinkel met asyn, sout en peper.

Opsioneel:
Granaatpitte en sprietuie.
Rooi ui en baba tamaties.
Roket en spinasieblare met minder peper.
Bloubessieslaaisous in plaas van balsamiese asyn

Resep en foto: Anna-Marie Maree Botes

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page