LAGIESLAAI MET VARIASIES
Die hoeveelhede van hierdie resep hang af van die grootte van die slaai wat jy wil maak. Maak die slaai ‘n dag vooraf. Mens kan die lagies in enige volgorde pak.
- bevrore ertjies
- mayonnaise
- kaas, gerasper of in blokkies
- ham of gaar spek, opgesny
- fyn gesnyde uie, rasper is ook ‘n idee
- fyn gesnyde blaarslaai
Begin deur die bevrore ertjies onder in ‘n diep slaaibak in ‘n dun lagie te voeg.
(dit is nie nodig om die ertjies gaar te maak of te ontdooi nie).
Voeg ‘n lagie uie oor die ertjies, gevolg deur die blaarslaai, kaas, ham of spek en dan ‘n laag mayonnaise. (Indien die bak nie so diep is nie, sit net heel bo op die mayonnaise laag)
Herhaal die lae, begin by die ertjies, uie, blaarslaai, ham/spek, kaas en weer mayonnaise.
Herhaal die stappe tot die bak vol is. Versier die laaste mayonnaise laag met spek of kaas.
Nota:
Magde Van der Kolf
Nou dat ons nie miracle whip kry nie, gebruik ek 350 ml mayonnaise, gemeng met 200 ml kondensmelk. Meng en skep oor lagies. Ek het ook die spek of ham met gerasperde wortel vervang, my lagies in ‘n ander volgorde gepak en bietjie rooipeper oor gesprinkel. Kan ook gerasperde kaas heel bo-op strooi.
Resep: Lynette Smith
Fotos: Magde Van der Kolff