KWEPERKONFYT
2de Resep: Thea Kemp
1ste Resep en foto: Gisela Pruter
- 4 middelslag kwepers
- 1200 g (6 koppies) suiker
- 500 ml water
- Vryf donse van kwepers af.
- Rasper kwepers met skil en al tot op die stronk.
- Gerasperde kwepers sal verbruin, maar jy hoef nie daaroor te bekommer nie.
- Plaas die suiker en water in ‘n groot pot. Bring die mengsel stadig tot kookpunt. Roer die heeltyd. Die suiker moet op gelos wees voor die water begin kook.
- Voeg die gerasperde kwepers by wanneer die stroop begin kook.
- Roer goed deur en laat kook vir 30 minute – sonder die deksel.
- Roer so af en toe.
- Bottel warm in gesterilliseerde flessies.
- KWEPER KONFYT MET PYNAPPEL
- 8 tot 10 kwepers, afgevryf
- 1 pynappel, geskil
- 5 kg suiker
- 2½ liter water
- Rasper kwepers en pynappel saam, voeg die water en suiker by.
- Kook stadig tot suiker opgelos is.
- Draai hitte op en kook so 2½ uur tot rooi jellie, bottel warm.
Category:












