KWEPERKONFYT
- 4 middelslag kwepers
- 1200 g (6 koppies) suiker
- 500 ml water
Vryf donse van kwepers af.
Rasper kwepers met skil en al tot op die stronk.
Gerasperde kwepers sal verbruin, maar jy hoef nie daaroor te bekommer nie.
Plaas die suiker en water in ‘n groot pot.
Bring die mengsel stadig tot kookpunt.
Roer die heeltyd.
Die suiker moet opgelos wees voor die water begin kook.
Voeg die gerasperde kwepers by wanneer die stroop begin kook.
Roer goed deur en laat kook vir 30 minute – sonder die deksel.
Roer so af en toe.
Bottel warm in gesterilliseerde flessies.

Resep en foto: Gisela Pruter
- Kweperkonfyt
- 8 tot 10 kwepers, afgevryf
- 1 pynappel, geskil
- 5 kg suiker
- 2½ liter water
Rasper kwepers en pynappel saam, voeg die water en suiker by.
Kook stadig tot suiker opgelos is.
Draai hitte op en kook so 2 en halfuur tot rooi jellie, bottel warm.
Resep: Thea Kemp
Category: