Your Recipe Blog

KWARTELPASTEIE

Cook: +- 2 uur 10 minute | Servings: 3 pasteie

KWARTELPASTEIE

Ek het voorheen al kwartelvleis geëet, maar was nie vir my lekker nie, toe kry ek 16 van die outjies en omdat dit so min vleis is, het ek sommer almal skoongemaak en ‘n pastei gemaak.

  • 16 kwartels, skoongemaak
  • genoeg water vir kook
  • 1 koppie asyn
  • 2 koppies ekstra water
  • 2 uie, gesnipper en gesmoor
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepel knoffelvlokkies, fyngedruk
  • 2 teelepels peper
  • 2 teelepels rissievlokkies, fyngedruk
  • 1 eetlepel gemengde kruie
  • Ekstra:
  • skilferkorsdeeg
  • botter, room of geklitste eier vir die randte

Voeg die kwartels in ‘n groot kastrol, bedek die vleis met water en voeg die 1 koppie asyn by om die wilde smaak ‘n bietjie te tem. Kook die vleis vir 1 uur.
Giet die water af, voeg die ekstra 2 koppies water by, saam met die lys van speserye en kook die vleis en speserye vir nog 15 min.
Verwyder die pot van die hitte en laat die vleis afkoel.
Verwyder alle beentjies van die vleis, daar is baie.
Plaas die vleis terug in die kastrol en proe aan die vleis of dit genoeg speserye het.

  • Voeg by:
  • 4 eetlepels balsamiese asyn
  • 4 eetlepels suiker
  • 1 koppie room
  • 1 ½ pakkie sampioen soppoeier gemeng met 1 koppie water

Verhit die vleismengsel op matige hitte tot kookpunt en kook stadig vir 20 minute, roer nou en dan.
Die mengsel moenie te loperig wees nie.
Proe gereeld die vleismengsel en voeg speserye na smaak by.
Verwyder die mengsel van die hitte en laat dit afkoel.

Rol die deeg effens uit op ‘n oppervlak wat liggies met meel bestrooi is.
Deel die deeg in 3 ewegroot dele.
Deel die vleismengsel in 3 en skep dit in ‘n lyn op die deeg.
Smeer die randte met botter of eier, ek het sommer bietjie room gebruik, en druk die randte van die deeg vas met ‘n vurk.
Plaas die pasteie met die toegedrukte naatkant na onder, op ‘n bakplaat wat met kleefwerende kossproei gespuit is.
Prik drie gaaitjies op elke deegrol en smeer weer ‘n bietjie room of botter of eier oor die pasteie.
Bak die pasteie in ‘n voorverhitte oond op 200ºC vir 35 minute tot mooi goudbruin.

Djeerlik saam met my tuisgemaakte tamatiesous.

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page