KUMKWAT JELLIE
Resep en foto: Chris van Heerden
Omdat kumkwat ‘n baie hoë pektien-inhoud het, hoef dit nie getoets te word nie.
- 250 g kumkwat vruggies
- 500 ml water
- 250 g suiker vir elke 250 ml sap
- Sny die kumkwatte met skil en al in dun skyfies (ek halfveer net die vruggies) in ‘n bak en voeg die water by die vrugte.
- Laat oornag staan.
- Kook die vrugte en water die volgende dag in ‘n kastrol op die stoof tot die vruggies baie sag is.
- Suig die vrugte deur ‘n kaasdoek (moet dit nie druk om die proses te haas nie).
- Gooi die vruggies weg wanneer dit goed dreineer het en behou die sap.
- Voeg 250 g suiker vir elke 250 ml sap in ‘n kastrol en verhit stadig.
- Roer tot die suiker opgelos is, verhoog die hitte en kook baie vinnig totdat die stroop dik genoeg is.
- Ek kook dit tot die suikertermometer 103.5ºC tot 104ºC is, dan stol die jellie baie mooi.
- Vul warm gesteriliseerde flesse met die stroop en verseël.
Nota:
Onthou om die skuim af te skep, dit kan die jellie se kleur beinvloed indien jy dit nie doen nie. Ek het 7 sulke flesse, soos op die foto, uitgekry.
Category:












