KUDU KERRIE MAALVLEISPASTEI
My seun het self die kudu geskiet met die jagseisoen.
- 500 g kudu maalvleis
- 2 eetlepels Ghee
- 2 uie
- 1 knoffel huisie
- kerrie na smaak
- sout na smaak
- 1 groot aartappel, in blokkies gesny
- 2 groot wortels, in blokkies gesny
Braai die uie saam met die vars huisie knoffel met ‘n mengsel van kerriepoeier en sout na smaak
Voeg maalvleis by en braai tot gaar.
Voeg die aartappels en wortels by en braai stadig saam maalvleis tot gaar.
Wanneer heeltemal gaar, skep in ‘n oondbak en skep deeg oor die vulsel.
- Oorgooi deeg:
- 125 ml melk
- 125 ml olie
- 1 eier
- 200 ml koekmeel
- 10 ml bakpoeier
- ½ teelepel sout
Meng tot glad, skep oor maalvleismengsel en bak teen 200 ºC tot gaar en bruin.
Ongeveer 20 – 30 minute.
Bedien met mengelslaai.
Resep en foto: Marina Hiscock