Your Recipe Blog

KUBAANSE SKYFIES

KUBAANSE SKYFIES

Dis nou die lekkerste chips en dis vrek vullend.

  • 1 pakkie fyngemaakte spek
  • 1 pakkie Knorr Pastasous (36 g) (Three Cheese)
  • 2 eetlepels koekmeel
  • 1 vienna
  • 250 ml melk
  • ‘n handvol gerasperde kaas
  • gevriesde aartappel skyfies (slap chips)
  • speserye van jou keuse

Plaas die skyfies in die mikrogolf tot dit ontdooi is.
Braai die skyfies in kookolie tot die lekker krakerig is.
Haal uit en plaas dit op ‘n bord en strooi bietjie sout en speserye daaroor.

Nota:
Jy kan ook klaar gaar skyfies koop as jy haastig is.
Braai die spek tot dit krakerig is.

Witsous:
Plaas 1 pakkie pastasous in n mikrogolfbare bakkie. Voeg die koekmeel by.
Sit gerasperde kaas by en voeg melk by en meng goed.
Plaas  in die mikrogolf vir 5 minute.  Roer so af en toe.
Haal die witsous uit en voeg die gebraaide spek by.
Sny die vienna in skyfies daarby.  Meng spek en die vienna in die witsous in.

Bediening:
Skep die witsous mengel oor die skyfies.
Rasper bietjie kaas oor, plaas dit in die mikrogolf sodat die kaas bo-op bietjie smelt en bedien warm.

Resep deur Bëauty Mazibuko II
Foto:  Adam Cloete

Madeleine Meintjes:
Dit lyk soos die immer gewilde “fully loaded chips”. Skyfies met ‘n kaas witsous bo-oor, met bros gebraaide bacon bits, en weer ‘n lekker geurige kaas bo-oor. Vir diegene wat van ‘n byt hou, kan vars gesnipperde jalepenos oor die bacon strooi en dan die kaas. Vrek lekker en BAIE vullend. ‘n Maaltyd op sy eie.

Ek het ‘n hele ruk terug hierdie Cuban Skyfies resep op die groep gekry. Ek het dit gister gemaak en jinne dit was nou lekker! Ek het i.p.v die spek en viennas, spek worsies gebruik en ek kon nie die Knorr sous kry nie toe gebruik ek Royco se kaas en knoffel souspoeier. Ek het ook my eie chips gebak, ek is nie mal oor daai wat mens in die pakke koop wat jy net kan gaarmaak nie. Dit was regtig uit die boonste rakke! Julle MOET die een probeer as julle nog nie het nie!
2 de Foto: Bianca Greyling‎

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page