KRUIE TAMATIE SOUS
- 2 kg tamaties geskil en in helfte gesny
- sout na smaak
- vars basiliekruid, tiemie en roosmaryn na smaak
- 1 koppie bruinasyn
- ¾ koppie suiker
Kook tamaties, asyn, suiker en sout saam. Het dit vir so uur gekook.
Neem ongeveer ‘n koppie van die mengsel en verpulp dit om ‘n lekker dik sous te maak en bring weer tot kook punt. As die sous lekker romerig is plaas die kruie by, meng deur en bottel.
Resep en foto: Nicolette Papas