Your Recipe Blog

KRUIE GROENBOONTJIES

KRUIE GROENBOONTJIES

Hierdie is ‘n splinternuwe reseppie wat ek begin maak het om ‘n bietjie weg te kom van die gewone.

  • 500 g vars groenboontjies
  • 500 g baba aartappels in halwes gesny
  • 1 knoffel en kruie sousblokkie
  • 1 hoender sousblokkie
  • 5 ml knoffel en kruie Ina Paarman geursel
  • sout en peper na smaak

Los die sousblokkies op in bietjie kookwater.
Kook die aartappels in die sousblokkie water met genoeg ekstra water om die aartappels te bedek.
Kook tot amper sag.
Voeg nou die grof gesnyde vars groenboontjies by en kook tot sag en of die water weggekook is.
Jy kan bietjie botter deurroer as jy wil, maar dis nie nodig nie.
Dien op saam met heerllike kookkos!

Resep en foto:  Thelma En Wessel DuPreez

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page