KREEFSTERTE IN DIE WEBER
- 3 of 4 kreefsterte
- 4 garnale
- 150 g botter
- 1 eetlepel gedroogde pietersielie
- 1 eetlepel knoffel
- sout na smaak
- basmati rys, hoeveelheid soos benodig
- blaarslaai
- 1 suurlemoen in skyfies
Knip die sterte op die rugkant oop en verwyder die “dermpie”.
Smelt botter en voeg knoffel en pietersielie by om ‘n lekker sous te maak.
Bedruip die sterte met die botter.
Braai dit vir 15 minute in ‘n weber teen 180°C.
Kook basmati rys.
Bedien die kreefsterte op blaarslaai saam met die rys, garnale en stukkie suurlemoen.
Resep en foto: Jan Salti Viljoen