Your Recipe Blog

KRAPSTOKKIES MET ROOMKAAS RAVIOLI

KRAPSTOKKIES MET ROOMKAAS RAVIOLI

Ek het ‘n pak crab sticks gekoop, maar het nie ‘n idea gehad hoe om dit te maak nie. Toe besluit ek, ek maak sommer ‘n deeg en sit die crab/creamcheese vulsel binne, met ‘n heerlike coconut cream/tomato paste sousie. Dit was uit die boonste rakke.

  • Deeg vir Ravioli:
  • 2 ½ koppies koekmeel
  • ¾ koppie lou warm water

Meng meel en water saam, knie die deeg, as dit bietjie taai is, gooi net extra meel in, dit mag nie aan vingers vassit nie. Maak toe, en last rus die deeg vir so 20 min.
Na 20 min, gooi biejie meel op werkblad en rol uit soos in klein sirkels, weet nou nie hoe om te verduidelik nie, maar elke persoon gaan maar seker op hulle eie grootte keuse.

  • Krap/roomkaas vulsel:
  • 2 koppies roomkaas (woolies sin)
  • ½ koppie opgekapte grasuie
  • 4 koppies opgekapte krapstokkies
  • 1 eetlepel Maizena (sodat die cream cheese nie moet uitloop nie, vir binding)
  • sout en peper na smaak

Meng alles goed saam.

Sit dan 1 teelepel vulsel in die middel op ‘n deegsirkel, en maak toe met ‘n ander deegsirkel. Ek het ‘n koekiedrukker gebruik om dit mooi uit te druk.

  • Klapperroom en tamatie puree sous:
  • 1 blik klapperroom (woolies sin)
  • 1 x 90 g tamatie puree

Meng alles goed saam in pan, prut vir so 5 min, ek gooi so bietjie suiker by net om die tamatie smaak bietjie te breek. Sit dan jou Ravioli pakkies in die sous vir nog so 5 min op lae hitte. Skep op en geniet.
Dit is darem baie lekker gewees.

Resep en foto:  Jo-Ann Strauss-Jha

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page