Your Recipe Blog

KRAKERTJIES

Recipe by
Cook: 10 - 12 minute

KRAKERTJIES

  • 1 koppie hawermout
  • 1 koppie koekmeel
  • ¾ koppie klapper
  • 1 koppie suiker
  • 2 eetlepels gouestroop
  • 125 g margarien
  • ½ teeepel koeksoda
  • 1 eetlepel kookwater

Meng die hawermout, meel en klapper saam in ‘n groot mengbak en plaas eenkant.
Smelt die suiker, stroop en margarien saam in ‘n potjie op die stoof of in ‘n mengbak in die mikrogolf.
Meng die koeksoda en die kookwater en giet dit by die gesmelte bottermengsel en roer deur.
Voeg die bottermengsel by die meelmengsel en meng tot die bestanddele ‘n deeg vorm.
Skep lepels vol (nie te veel nie) van die koekiedeeg op ‘n voorbereide bakplaat.
Bak die koekies in ‘n voorverhitte oond teen 180ºC vir 10 – 12 minute.

Nota:
Verdubbel die resep soos verkies, dit werk goed.

Resep en foto: Wiesie Van Eeden

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page