KRAKERIGE WAFELS
Hier is ‘n lekker crispy waffel reseppie vir die wat lus vir ‘n Sondagmiddag soetigheidjie.
- 2 eiergele
- 2 koppies (500 ml) melk
- 2 koppies (500 ml) koekmeel
- 1 eetlepel (15 ml) bakpoeier
- ½ teelepel (2 ml) sout
- 5 eetlepels (75 ml) kookolie
- 2 eierwitte, styfgeklop
Voorverhit wafelmaker.
Plaas al die bestanddele behalwe die eierwit in ‘n groot mengbak.
Meng met elektriese menger op laag tot net gemeng en glad.
Vou die styfgeklopte eierwit saggies in meelmengsel met ‘n lepel.
Skep ‘n ½ koppie (125 ml) van die beslag in die middel van wafelpan.
Maak wafelpan toe en bak tot goudbruin omtrent 3 minute. (Moenie pannetjie oopmaak terwyl dit nog stoom nie, degie is nog rou)
Herhaal tot die deeg opgebak is.
Bedien warm met gouestroop en roomys.
Geniet!
Resep geplaas deur Kitty Potgieter
Foto: Kitty Potgieter


Lorraine Weitz Brand
Dis warm hier in Bloemfontein! Lus vir iets koud. Ek het al moed opgegee om lekker wafels te maak. Het besluit as hierdie resep nie werk nie, gooi ek my wafelpannetjie ver weg want so laat ek nie verder met my mors nie.
Dis uit die boeke! Krakerig tot met die laaste happie. Manlief sê ook so. Dit word defnitief een van my persoonlike Wenresepte!
Dankie Kitty! Jy is ‘n ⭐!
* Ek het myne vir 5 min in elektriese wafelpan gebak.