KRAKERIGE GRONDBOONTJIEBOTTERBESKUIT
Ek bak ‘n baie suksesvolle grondboontjiebotter beskuit waaroor mense mal is. Jammer vir die deurmekaar resep maar dis my eie resep en ek bak maar so uit my kop.
- 1 kg bruismeel
- 1 eetlepel bakpoeier
- ¾ koppie klapper of na smaak
- 1 koppie fyngekapte, gesoute grondboontjies, nie te fyn gekap, maar na smaak
- 250 g botter
- 2 koppies suiker
- 1 koppie grondboontjiebotter
- 500 ml karringmelk
- 3 eiers
- 5 ml vanilla geursel
Meng die bruismeel, bakpoeier en bietjie klapper saam.
Voeg die fyngekapte grondboontjies by.
Smelt die botter en meng die suiker en grondboontjiebotter goed by.
Die grondboontjiebotter smelt deur, maar is lekker as dit sulke dun strepies maak in die beskuit.
Klits die karringmelk met die eiers en vanilla.
Meng alles saam, plaas in ‘n plat beskuitpan, maak gelyk en bak teen 180°C vir ongeveer 45 minute.
Nota:
Ek toets my beskuit soos brood. As dit gaar lyk en tik ook hol soos ‘n brood, is dit reg.
Resep en foto: Amanda Diamond
Baie dankie vir die resep. My beskuit is baie bros, wat doen ek verkeerd?
Hallo Hannelie, ek het jou op die groep geantwoord, maar eerstens wil ek weet of jy botter of margarine gebruik het, en indie dit margarine was was dit 80% vet. Wanneer beskuit bros is, is die meel, vog en vet ration nie reg nie. Gewoontlik te min vet of vog. Dalk was jou deeg baie droog. Kan teveel eier oor wees.
Mooi dag verder.
Rina