Your Recipe Blog

KRAKERIGE AARTAPPEL TOEBROODJIES

KRAKERIGE AARTAPPEL TOEBROODJIES

  • 150 g koekmeel
  • 1 eier
  • sout en peper
  • 3 gekookte aartappels, heeltemal afgekoel
  • spek of ham
  • kaas
  • “gekoopte” broodkrummels

Maak aartappels fyn en klits goed.
Meng die meel, eier, sout en peper saam die aartappels in.
Deel mengsel in die helfte.
Plaas een helfte op bakpapier en druk plat (vierkantig).
Plaas spek/ham en kaas bo-op.
Plaas ander helfte van aartappel mengsel bo-op.
Plaas nog ‘n laag bakpapier bo op dit.
Druk effens plat en vorm ‘n vierkant (toebroodjie).
Bedek die broodjie in eier, meel en dan die broodkrummels.
Plaas oor na ‘n warm pan met olie en braai in tot gaar.

Notas:
Mens kan eintlik enige iets saam met die ham of spek byvoeg.
Die waspapier het glad nie goed gewerk nie, dit het sag geword en vas geplak aan die aartappels (dit mag dalk wees omdat die aartappels nog effens warm was)
Ek was nie te mal oor die broodkrummel smaak nie, ek glo dit is net die tipe broodkrummels wat dit was. Ek sal eerder net gewone witbrood vat en self krummels maak en gebruik.

Resep en foto: Daniel Janse Van Rensburg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page