KOUE NOEDEL- EN TUNAGEREG
Vroulief het vir die warmte hierdie heerlike koue noedel gereg vir ons gemaak en so saam met ‘n stukkie avo en ‘n skeppie blatjang oppie een kant vannie bord was dit djeeeeeerlik.
- 1 koppie rou pasta
- 2 blikkies tuna, gedreineer
- 1 ui, gesnipper in klein stukkies
- 2 agurkies, in dun skyfies gesny
- ½ groen soetrissie, in fyn skyfies gesny
- ½ koppie mayonaisse, genoeg om die gereg klam te maak
- ¼ teelepel brand vlokkies
- ¼ teelepel knoffelvlokkies
- ¼ teelepel Italiaanse speserye
- sout en peper na smaak
- roket, basiliekruid en rooi slaaiblaartjies
Kook die pasta en spoel dan deeglik af met koue water.
Meng al die bestanddele behalwe die vars kruie en blaartjies.
Sny die kruie fyn en strooi bo-oor die gereg.
Verkoel vir ongeveer ‘n uur.
Geniet dit so koud.
Resep en foto: Gideon en Rinnie Louw