Your Recipe Blog

KOUE KERRIE EN NOEDELSLAAI

KOUE KERRIE EN NOEDELSLAAI

  • 20 ml matige kerriepoeier
  • 3 ml borrie
  • 125 ml mayonnaise
  • 300 ml Bulgaarse jogurt of gewone jogurt
  • aromat, sout en peper, na smaak
  • 1 blik (170 g) tunastukke, gedreineer
  • 1 Granny Smith appel, ontkern en in blokkies gesny
  • ½ groen soetrissie, in klein blokkies opgesny
  • 100 ml rosyne
  • 250 g noedels

Kook die noedels tot gaar, water af en hou eenkant.
Meng die kerriepoeier en borrie met die mayonnaise en jogurt en geur met die geurmiddels.
Voeg die tuna, appel, soetrissie en rosyne by en meng deur.
Meng die kerriesous met die noedels deur.
Verkoel ‘n uur of langer in die yskas vir die geure om te ontwikkel.

Resep en foto: Amanda Austen

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5