Your Recipe Blog

KOUE KARAMELSOUS VIR ROOMYS

Recipe by
| Servings: 400 ml

KOUE KARAMELSOUS VIR ROOMYS

My ma het nie bangkinders grootgemaak nie (net grootkinders bang gemaak en ons klomp eet maklik roomys in die middel van die winter. Toe my oudste seun tien jaar oud is (hy word Julie 39 jr), het ek hierdie resep vir hom gemaak vir sy Mafia-partytjie. Bly ‘n wenner in ons huis van toe al af. Ek wil dit nog probeer met sjokoladepoeding ook. Dalk met Nutella in plaas van grondboontjiebotter?

  • 1 blik (410 g) Ideal melk, kamertemperatuur
  • 1 pakkie (90 – 100 g) karamel kitspoeding
  • 50 ml goue stroop
  • 50 ml crunchy grondboontjiebotter
  • Ekstra:
  • Sprinkelneute of grondboontjies  vir oorstrooi, opsioneel

Meng die bestanddele bymekaar en roer baie goed.
Bedien oor roomys en sprinkel neute van jou keuse oor.

Resep geplaas deur Lorraine Weitz Brand
Foto: Lorraine Weitz Brand

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page