Your Recipe Blog

KOUE HOENDER- EN PASTASLAAI

KOUE HOENDER- EN PASTASLAAI

Dit is vreeslik warm by ons vandag, dan soek mens mos iets ligs om te eet. Ek het vanaand hierdie gemaak.

  • 500 g pasta, gaargemaak volgens instruksies op die pakkie en afgekoel
  • 4 hoender schnitzel, gebraai, in repies of blokkies gesny en afgekoel
  • blaarslaai
  • 3 tamaties, of meer, in blokkies gesny
  • komkommer in blokkies gesny, hoeveelheid na smaak
  • Fetakaas
  • swartpeper
  • soet mosterd

Meng alles saam en skep bo-op blaarslaai, frummel Feta kaas of Parmesaan kaas oor, lekker vars gekraakte swartpeper, en ‘n bietjie soet mosterd vir ‘n sousie.
Jy kan ook gewone slaaisous gebruik as jy dit verkies.

Nota:
Hierdie slaai kan met soveel verbeelding ‘n heerlike ete wees.
Sit byvoorbeeld soetrissie, agurtjies, perskestukkies of selfs vye by.
Absoluut heerlik vir die warm somer dae. Geniet.

Resep en foto: Zonia Visser

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page