KOSTEBEREKENINGSTABEL
Hier onder is die skakel vir ons kosteberekenings tabel. Hoop julle vind dit baie handig.
Wanneer dit vir jou belangrik is om te weet wat die produk jou kos, dan is hierdie tabel net waarna jy gesoek het.
Hier is ‘n kort beskrywing van hoe mens dit ook kan doen:
KOSTEBEREKENING
Bereken die kostes van jou aankope en as jy die groente of vrugte as geskenk gekry het, bereken jy dit asof jy dit gekoop het. Al die bestanddele soos die asyn en suiker word eers uitgewerk en dan die hoeveelheid by jou aankope getel.
Byvoorbeeld:
2.5 kg suiker kos R23.99. Neem ‘n 250 ml koppie en weeg die suiker af. Dan deel jy die R23.99 deur jou aantal koppies en maal (X) dit met die hoeveelheid suiker wat jy gebruik het – dan het jy die suiker se prys.
Verder:
Speserye word na gedagte geskat – eerder te veel as te min.
As jy al jou bestanddele se kostes bereken het, dan tel jy 100% by, plus arbeid ± R40.00 (jy werk nie verniet nie) en wat die krag jou kos – ± R10.00.
Vir argumentshalwe, daar is 4 bossies beet en dit lewer 20 botteltjies so groot soos heuningbottels op, dan deel jy jou uitgawes deur 15 bottels en dit is dit die prys wat jy moet vra.
Die ander 5 bottels is jou profyt en hulle kry dieselfde prys as die ander 15 bottels.
Onthou om jou leë bottels met die deksel te weeg as dit leeg is en weer as dit vol is.
Dan trek jy die 2 gewigte van mekaar af, dan het jy die gewig van die inhoud. Die gewig moet op jou plakker verskyn met die naam van die produk en jou kontakbesonderhede.
Klik op die skakal vir die kosteberekening tabel. Dit behoort aan Marlize Willemse persoonlik, so jy gaan direk op haar blad land, volg dan net die instruksies van daar af.
Ons as Food Lovers Recipes of Your Recipe Blog het geen regte, en verdien ook geen inkoste hieruit nie. Ons plaas dit bloot om ons lede te help.
https://web.facebook.com/share/p/16Uhk2pEA8/
Uitstekende samestelling en slim uitgewerk, Dankie vir jou onbaatsigtige werk.