Your Recipe Blog

KOSSE IN DIE BYBELSE TYD (VIR PAASFEES)

KOSSE IN DIE BYBELSE TYD (VIR PAASFEES)

Vir die wat dalk belangstel stel, ek het dit al lank terug iewers op die internet gekry.
Mense het grootliks maar geëet wat beskikbaar was. Vrugte (druiwe, vye, dadels, granate en olywe), groente (uie, boontjies, lensies, ertjies, preie, spanspek, komkommers), melk, kaas of dikmelk, brood en soms vleis en wyn was geredelik beskikbaar. Hulle het nie suiker gehad nie, maar baie heuning.
In die omgewing van die see van Galilea was daar ook genoeg vis; die vis is gedroog om langer te hou. Gewoonlik is daar ook net een dis voorberei wat dan in die bak in die middel van die groep mense gestaan het. Hulle het die dis dan saam met brood geëet. Dit lyk ook of die baas van die huishouding soms die porsies uitgedeel het, moontlik om te keer dat party te veel vat (1 Samuel 1:4).
Kom ons kyk na twee van die basiese kosse wat op die tafel was en wat vandag nog ‘n belangrike rol in elke gelowige se lewe speel, juis omdat Jesus dit as tekens van die nagmaal gekies het.
‘n Spyskaart as besoekers kom:
Wat het gebeur as ‘n gemiddelde tot ryk man in Paulus se tyd by die huis sou kom en sê: ‘Ou vrou, ons kry mense vir ete’?
Martial, ‘n Romeinse skrywer, vertel vir ons wat om te verwag (in sy geskrif Epigramme 5.78). Hy gee vir ons ‘n tipiese spyskaart uit daardie tyd. Die arme vrou moes sowaar ‘n driegang maaltyd voorberei en nog vir die mans bedien ook:

Voorgereg (oftewel die aptytwekker):
* Blaarslaai en sterk prei (die Romeine het geglo dit is ‘n goeie lakseermiddel).
* Tuna (of ander vis) wat met gekerfde eiers versier is (eiers was altyd deel van die voorgereg).

Hoofgereg:
* Gekookte koolblare (as groente) is op ‘n swart bord voorgesit.
* ‘n Klein worsie of (klein) stukkie gekookte vleis is op ‘n growwe tipe hawer, verwerkte koring of iets soos couscous opgedien (vleis is gewoonlik bokant die vuur aan die dakbalke opgehang. So is dit gerook en het dit langer gehou).
* Wit boontjies is saam met ‘n stukkie spek gaargemaak (kleur was vir hulle belangrik in hulle kos).

Poeding:
* Vrugte soos druiwe, pere, appels.
* Warmgemaakte neute.
* As gedroogde vye, pruime of dadels beskikbaar was, is dit ook aangebied.

Wyn of asyn wat met water verdun is, is saam met die ete gedrink.
Na die ete, terwyl hulle lekker om die wyn lê en kuier, het hulle verder aan olywe of warm peulgroente geknibbel.

Plasing en foto: Lorraine Weitz Brand

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page