KORTRIB IN DIE PRUTPOT
- 500 g bees kortrib
- 2 uie
- ertjies, na voorkeur
- 2 aartappels, in blokkies gesny
- 2 eetlepels souspoeier, om te verdik (resep onderaan)
- 1 eetlepel kerriepoeier
- 1 eetlepel appelkooskonfyt
- 1 koppie stampmielies, in water in die mikrogolf gekook tot half gaar
Kortrib was reeds vooraf gemarineer in verpakking.
Pak die rib in die prutpot saam met die groente.
Meng die kerrie en appelkooskonfyt met die selfgemengde souspoeier en giet oor die kos in die prutpot.
Voeg die aldente gekookte stampmielies by om oortollige sous op te slurp en verder sag te kook.
Laat prut in prutpot tot vleis en stampmielies sag is. (so 6 ure deur die dag aangehad)
- Smaaklike Souspoeier
- 500 g bruinsouspoeier (Bisto)
- 500 g mielieblom (Maizena)
- 2 pakkies uie soppoeier
- 1 pakkie beesstert soppoeier
- 1 pakkie sampioen soppoeier
Meng alles goed saam. Bewaar in lugdigte houer (9 x 250 ml pakkies)
Meng 1 eetlepel vol met 250 ml water en kook stadig vir ‘n heerlike sous.
Bonus:
Mens kan frikadelle eers in souspoeier rol en dan gaarmaak.
Resep en foto: Marinda Bantjes