KORTPAD ASIATIESE GEïNSPIREERDE ROERBRAAI
Hierdie outjie is wragtig vinnig en lip lek lekker. Ek moet ook erken, van die bestanddele is nie noodwendig goedkoop of orals te kry nie, maar dit is die moeite werd!
- 5 hoender borsies (omtrent 400 g)
- 2 vark tjops
- 1 medium ui, in repies gesny
- 3 medium-groot wortels, gerasper
- ⅓ van ‘n koolkop
- 1 seldery stok, in dun repies gesny
- 4 – 5 eetlepels Hoisinsous
- rys gaar
- 2 knoffel huisies, fyn gekap
- Opsioneel:
- vars gemmer
- rooipeper
Marineer hoender en vark in die Hoisin sous terwyl jy die groente voorberei.
Soteer die groente saam met 2 huisies knoffel.
Voeg die gemmer en rooipeper by (opsioneel).
Voeg sout by na smaak.
Verwyder die groente uit die pan, hou eenkant.
Braai die vark en hoender tot gaar en bruin, plaas die rys en groente terug en braai net om te meng.
Nota:
Voeg nog Hoisinsous by indien nodig vir meer sous.
Jy kan ook Chow Mein noodles gebruik vir meer van ‘n outentieke dis.
Resep en foto: Stephanie Kohrs Ferreira