Your Recipe Blog

KORSLOSE VEGETARIESE SOUTTERJIES

Recipe by
Cook: 15 minute

KORSLOSE VEGETARIESE SOUTTERJIES

  • 450 ml melk
  • 500 ml gerasperde kaas
  • 125 ml koekmeel
  • 3 eiers, geklits
  • ½ ui, gekap
  • ½ groen soetrissie, gekap
  • 2.5 ml suurlemoen en swartpeper speserye (Ina Paarman)
  • 5 ml gedroogte soet basiliekruid

Smeer ‘n kolwyntjie pan met klapperolie.
Verhit oond tot 180°C.
Meng die eiers, kruie en speserye, melk en meel goed saam.
Skep ‘n eetlepel van die meelmengsel uit in elke holte van die kolwyntjie pan.
Skep stukkies gekapte ui en groen soetrissie bo-op die beslag.
Strooi gerasperde kaas oor en vul verder op met bietjie van die meelmengsel.
Plaas in die oond en bak vir so 15 minute, of tot gestol en ligbruin.

Resep en foto: Chantal Fourie

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page