Your Recipe Blog

KORSLOSE SNOEK QUICHES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 30-40 min | Servings: +-36 tot 40 quiches

KORSLOSE SNOEK QUICHES

Mens weet nie altyd wat om met oorskiet te doen nie, as ek kuiergaste kry en vinnig iets moet uithaal vir ete slaai en pie of quiches, het altyd bobotie in vrieskas.

  • 4 koppies gevlokte snoek, gerook of gebraai (ek het gebraaide snoek gebruik)
  • 8 eiers
  • 1 liter volroom melk
  • 800 g gerasperde Cheddar kaas
  • 4 preie, opgesny en gebraai, hou eenkant
  • 1 van elk opgesny in blokkies – groen, geel en rooi soetrissies
  • 1 bossie sprietuie, opgesny
  • 3 koppies bruismeel
  • 2 teelepels Aromat
  • 1 teelepel varsgemaalde swart peper

Meng al die bestanddele goed saam.
Skep in muffin pannetjies wat goed gespuit is met spray en cook.
Bak vir ±30 tot 40 in 170ºC ( thermo-oond)

Baktyd hang ook af van pannetjie grotte, ek het gewone kolwynpannetjies gebruik.
Dit maak ±36 tot 40 quiches, hoeveelheid wat ingeskep is, maak ‘n verskil van hoeveel jy kry.

Los in pannetjie vir so 10 min.
Maak kante liggies los, haal uit en bedien dadelik. Dit vries heerlik.

Maak warm in oond of airfryer, nie in die mikrogolf nie dan raak dit pap.

Resep en fotos: Alta Gunter Van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page