KORSLOSE MELKTERT MET SJOKOLADE VARIASIE
Resep: David Niebuhr
- 1 blikkie kondensmelk melk
- ½ koppie suiker
- 3 koppies melk
- 4 ekstra groot eiers
- 2 koppies water
- ½ teelepel sout
- 3 eetlepel botter, nie margarien nie.
- 1 koppie Maizena
- ½ teelepel vanilla geursel
- 1 pak Tennisbeskuitjies
- pypkaneel
- Smeer ‘n groot tertbak en pak Tennisbeskuitjies onder in as kors.
- Skei die eiers en klits die witte styf, hou eenkant.
- Kook kondensmelk, 2 koppies melk, water, botter, sout en suiker saam oor lae hitte. Roer goed, ander brand dit.
- Meng eiergele en maizena met 1 koppie KOUE melk, klits goed, sodat geen klonte sigbaar is nie, en roer by die kondensmelkmengsel.
- Kook tot die mengsel verdik het, terwyl goed geroer word om te voorkom dat dit brand of klonte vorm.
- Voeg laastens vanilla geursel en styf geklopte eierwitte by, en roer goed deur.
- Skep die vulsel oor die beskuitjies in die groot gesmeerde tertbak.
- Strooi pypkaneel oor. Laat afkoel, en geniet.
- Nota: VOOR DIE VULSEL OOR DIE BESKUITJIES GESKEP WORD:
- As melktertvulsel nog kook, en die beslag is te pap, voeg nog Maizena opgelos in bietjie water by, tot styf genoeg.
- Indien die beslag te styf is, kan dit met melk verdun word.
- VIR SJOKOLADE MELKTERT :
- Vervang die 1 koppie Maizena met ½ of meer koppie Maizena, en ⅓ tot ½ koppie kakaopoeier.
Category:












