KORSLOSE MEDITEREENSE QUICHE
Heerlike Korslose Quiche met ‘n Meditereense geur. Heerlike idee vir die kosblik of ‘n vinnige ontbyt.
- 1 liter melk
- 6 groot eiers
- 12 Calamata olywe, ontpit (of meer as jy wil)
- ½ koppie gemarineerde songedroogde tamaties, grof gekap
- 2 wiele Fetakaas, gekrummel of in blokkies gesny
- ½ teelepel vars tiemie, fyn gekap
- sout en peper na smaak
- 1 koppie gerasperde Cheddarkaas
Klits eiers en melk goed saam. Geur met sout en peper en gekapte tiemie.
Sny die ontpitte olywe in skyfies.
Spuit muffinpannetjies met kleefwerende kossproei.
Verdeel olywe, tamaties en Fetakaas tussen die muffinpannetjies.
Skep melkmengsel oor die olyf, tamatie en fetamengsel. Roer liggies deur met teelepel.
Plaas gerasperde kaas bo-op.
Bak in voorverhitte oond van 180 °C vir 15 tot 20 minute of tot goudbruin en gestol.
Bedien warm of koud.
Genoeg vir 6 tot 8 Muffins (afhangende van grootte van muffinpannetjies).
Resep en foto: Johann Becker