KORSLOSE EN SUIKERVRYE MELKTERT
-
1 liter melk
-
250 g botter (ek gebruik nie margarien)
-
¾ koppie vlapoeier, aangemaak met bietjie melk
-
3 hoogvol eetlepels Xylitol, of enige versoeter na smaak (my man is ‘n diabeet)
-
2 eiers, geklits
-
1 teelepel vanilla geursel
- kaneel vir oorstrooi
Sit die melk en botter / margarien in ‘n kastrol tot die botter gesmelt het.
Haal van die plaat af en voeg die Xylitol en die eiers by, klits goed.
Voeg die vlapoeiermengsel by, plaas terug op die stoof en roer oor ‘n stadige hitte totdat die mengsel verdik het terwyl jy heeltyd roer en seker maak die mengsel brand nie onder aan nie.
Skep die mengsel in ‘n gesmeerde tertbak (lengte 25 breedte 18.5 diepte x 2 cm, maak gelyk, strooi met kaneel en laat afkoel.
(20 x 20 x 5 cm bak, werk net so goed vir die resep.)
Geniet!
Foto en Resep: Marina Hiscock