KORPERRAALS KOOL
Mense wat glad nie kool eet nie, is versot op die een.
- 1 ui, gekap
- ½ koolkop, gekerf
- 1 bakkie sampioene, gekerf
- blokkies rou spek, na smaak
- dik kaassous
Braai die ui en kool saam in bietjie olie.
Braai sampioene apart tot gaar en dit by die kool.
Braai ‘n paar stukkies fyngekapte spek en sit by die mengsel.
Maak ‘n lekker dik kaassous roer die sous deur die koolmengsel.
Bedien as ‘n bykos.
Variasie:
Skep in ‘n oondbak sit kaas bo-oor en bak in die oond tot die kaas gesmelt is.
Resep: Ellin de Bruyn
Foto: Piet Pompies