KOPERPENNIE WORTELSLAAI OM TE BOTTEL
Ek het vandag vir die eerste keer in baie jare koperpennie slaai gemaak. Ek onthou toe ek klein was kon jy dit en drie-boneslaai by Kentucky bestel saam met koolslaai as jy hoender gaan koop het! Bring baie herinneringe aan warm Oos-Kaap Sondag middagetes terug…
- Sous:
- 500 ml suiker
- 350 ml asyn
- 250 ml water
- 250 g tamatiepasta
- 20 ml Worcestershire sous
- 20 ml Engelse mosterd (nie poeier)
- sout, swartpeper en witpeper na smaak
- Ekstra:
- 2 eetlepels Maizena, aangemaak met bietjie lou water
- 1 kg wortels, geskrop en in skyfies gesny
- 1 rooi ui, gehalveer en in skywe gesny
- 1 groen soetrissie, gehalveer en in skywe gesny
Kook al die sousbestanddele saam vir 5 minute.
Voeg die aangemaak Maizena by en kook deur tot verdik.
Kook die wortels in kookwater tot net sag (nie pap).
Dreineer die water goed.
Voeg die wortels, ui, soetrissie, sout na smaak en sous terug in die pot en kook vir nog 5 minute terwyl jy dit gereeld roer.
Bottel kokend in gesteriliseerde flesse/bottels.
Resep en foto: Ilze Jacobs