KOOS SE SILWERVIS OP DIE KOLE
“Gister bietjie kans gekry om diepsee te gaan visvang en ons vang toe, wat hulle hier in Mosselbaai, ‘n Silwervis en in Natal,as ek reg is, ‘n ‘Soldier’ noem. Iemand vertel my toe hoe lekker hierdie vis is indien jy dit op die kole braai. Nie iets wat ek graag doen nie, want ek maak maar gewoonlik ‘n degie en dan diepbraai ek die vis. Ek probeer toe die kolebraai-metode…
- 1 silwervis
- sout en peper, na smaak
- visspeserye, na smaak
- botter, na smaak
- suurlemoensap, na smaak
Moenie vis oopvlek nie, dan braai die vis nie so droog nie. Sny kepe aan die kant soos geïllustreer op foto.
Vryf in met sout, peper en visspeserye. Plaas in yskas vir ongeveer vier ure.
Berei kole voor en braai die vis aan beide kante.
Wanneer die vis naby gaar is, bedek vis met mengsel van gesmelte botter en suurlemoensap.
Vis sal uit rooster kom sonder om vas te sit.
Haal die middelgraat/rug uit.
Die vis sal glad nie droog wees nie en kom heerlik uit.
Resep en fotos: Koos van der Merwe
















