Your Recipe Blog

KOOS SE KOMBUIS BEESSTERTPOTJIE

Cook: ongeveer 4 ure

KOOS SE KOMBUIS BEESSTERTPOTJIE

Ek was vandag lus om weer n slag potjiekos te maak.
Wind waai buite, dis koud en reenerig toe maak ek maar my kombuis potjie.

  • 1 kg beesstert
  • 1 groot ui, gesny in skuiwe
  • 2 groot aartappels, gesny in stukke
  • 250 g sampioene
  • 2 heel mielies, in stukke gesny

Ek gebruik ‘n plat boom ysterpoot op die stoof.
Maak die bodem nat met olie.
Braai die gesnyde uie in olie tot glaserig.
Haal die uie uit die pot en dan potbraai ek die beesstert.
Sodra die beesstert mooi geseël, haal uit en voeg die uie terug in die pot.
Pak die vleis bo-op die uie.
Strooi sout en peper oor  na smaak.
Sit die deksel op en draai stoof se hitte af na no 3.
GEEN WATER. Daar is genoeg vogtigheid in die vleis.

Nota:
Foto no 2. Kan gesien word hoe die sous op bou in die pot. Sonder water.

Laat die pot met die beesstert prut op die stoof vir 3 ure.
Roer so elke half uur net om seker te maak dat iets nie dalk vas brand nie en dat daar genoeg vogtigheid op gebou het.
Na 3 ure sit die gesnyde aartappels, sampioene en mielies by in die pot.
Voeg weer bietjie sout en peper by na smaak en laat rustig kook vir nog ‘n uur. Stoof se hitte bly op no 3.
Sodra al die groente en vleis saggekook het, is die pot gereed.
Bedien saam met bruin rys.

Resep en foto:  Koos van der Merwe

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5