Your Recipe Blog

KOOS SE GROENTE MET WITSOUS

Recipe by

KOOS SE GROENTE MET WITSOUS

Vandag was ek weer lus vir groente met witsous. Sommer so uit die kop gemaak.

  • 2 koppies koue melk
  • 1 pakkie roomsampioen soppoeier
  • 1 eetlepel gedroogde uievlokkies
  • 200 g wit Cheddar kaas, gerasper
  • gemengde groente (mielies, ertjies en wortels)

Voeg soppoeier by koue melk (ek vind jy kry nie sommer klonte in jou sous as die melk koud is terwyl jy die soppoeier inmeng nie).
Voeg gedroogde uievlokkies by.
Verhit op stoofplaat, maar roer die heeltyd dat die sous nie aanbrand nie.
As dit te veel stol, gooi ‘n bietjie melk by. As dit te min stol kan jy ‘n bietjie koekmeel meng met koue water en byvoeg.
Sodra die tekstuur nou volgens jou smaak is, haal van die stoof af en laat staan vir so 5 minute om te trek.
Kook in ‘n ander pot die gemengde groente tot gaar.
Dreineer al die water van die groente af en plaas in ‘n oondbak.
Skep die witsous oor die groente in oondbak en meng goed deur.
Rasper kaas bo-oor en bak in die oond teen 180ºC tot die kaas gesmelt is en begin bruin bak.
Geniet saam met gebakte hoender, gebakte aartappels en wit rys.

Resep en foto: Koos van der Merwe

One Review

  1. Yolande

    Love the veggie and Cheese combo. Yum yum.

    Star

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page