Your Recipe Blog

KOOLSOP MET VARKVLEIS

KOOLSOP MET VARKVLEIS

Hier in die afsonderingstyd het mens nou genoeg tyd om nuwe resepte te soek en aan te pas na jou smaak. Dit raak nou koud in die Kaap en ek het gesoek na iets lekker wat mens so ‘n lekker warm gevoel om die hart kan gee. Hierdie was die eindresultaat.

  • 2 eetlepels olyfolie
  • 1 gekapte ui
  • 500 g vark bredie vleis (of bees)
  • 1 opgekapte stingel tafel seldery of ‘n klein bossie sop seldery
  • 2 groot wortels, in klein blokkies gesny
  • 2 aartappels, in klein blokkies gesny
  • ‘n halwe medium grootte koolkop, in happie groot stukke gesny
  • 4 fyngemaakte knoffeltoontjies
  • 6 koppies bees- of groente aftreksel
  • 2 teelepels elk gedroogte tiemie en gedroogte roosmaryn (of gedroogte basieliekruid en oreganum)
  • 2 teelepels knoffelpoeier
  • sout en peper na smaak

Verhit die olie in ‘n groot kastrol oor medium hitte en roerbraai die vleis daarin tot goed verbruin aan alle kante. Dit hoef nie deurgaar te wees nie. Voeg die uie by en braai tot dit deurskynend is. Voeg die seldery en die wortels by en roer om goed te meng met die inhoud van die kastrol. Kook vir ongeveer 4 minute en voeg dan die kool by. Kook verder vir 5 minute tot die kool begin sag raak. Voeg die knoffel by en kook vir ongeveer ‘n minuut tot dit begin geurig word, terwyl al die bestanddele goed deurgeroer word.
Voeg die aftreksel, droë kruie, knoffelpoeier en aartappels by en meng deeglik. Bedek die kastrol, bring die hitte op medium laag en laat prut tot die kool sag is.
Kooktyd hang af van hoe sag jy die groente verkies.
Ek stoom dit in die stoompot vir 15 minute.
Geur met sout en peper en pas die speserye bietjie aan indien nodig.
Indien die vloeistof bietjie min geraak het, kan bietjie water bygevoeg word en vir ‘n minuut of 2 verder gekook word.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto: Adam Cloete

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page